Max oor die lewe : Inspireerende antwoorde op jou lewensvrae
2011
Online
E-Book
Zugriff:
Het jy vrae oor die lewe? In meer as dertig jaar in die bediening het Max Lucado al baie vrae beantwoord en met'n hele paar van sy eie vorendag gekom. Dit sluit in groot vrae oor die lewe en geloof, hemel en hel; moeilike vrae oor kwessies soos oorlog en aardverwarming; en meer praktiese (maar tog belangrike) vrae soos hoe om beter met ander oor die weg te kom. Hierdie boek is'n versameling van Lucado se antwoorde op die vrae wat hy die meeste gevra word. Dit bied klassieke Lucado-aanmoediging en -insig – op die man af, maar ook simpatiek, eerlik, gesaghebbend en eenvoudig, maar altyd prakties. Max Lucado gee nie voor dat hy die laaste sê het oor moeilike kwessies nie. Maar vraag vir vraag rig hy die leser se oë op die Een wat die allerlaaste antwoord is op al ons hoe's, wanneers, waars en hoekoms. En is dít nie waaroor die lewe werklik gaan nie? Max Lucado het oor die afgelope 25 jaar meer as 60 boeke geskryf en meer as 65 miljoen kopieë daarvan is verkoop. Dit sluit in boeke vir volwassenes, geskenkboeke, kinderboeke en oordenkings. Verskeie van sy boeke het op topverkoperlyste van gesaghebbende publikasies, soos die New York Times, verskyn.
Titel: |
Max oor die lewe : Inspireerende antwoorde op jou lewensvrae
|
---|---|
Autor/in / Beteiligte Person: | Lucado, Max |
Veröffentlichung: | 2011 |
Medientyp: | E-Book |
ISBN: | 978-1-4153-1293-3 (print) ; 978-1-4153-1525-5 (electronic) |
Sonstiges: |
|